WAT ONS GLO
Dogmatiese waarheid en belydenisskrifte mag nie as grond vir verdeeldheid aangewend word nie. Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die eerste en mees algemene getuienis van die geloof van die eerste Christene, is 'n veilige simbool van die belydenis van die eenheid van die Kerk.
DIE APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
Wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
Wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;
Opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
Ek glo in die Heilige Gees;
Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
Die vergewing van sondes;
Die opstanding van die liggaam
En ‘n ewige lewe.
ONS VISIE
Die visie van die PPK GRAHAMSTAD is en bly steeds om as ‘n effektiewe, sielewennende en Geesvervulde kerk uitvoering te gee aan die Groot Opdrag wat aan die kerk van Christus toevertrou is, naamlik om te gaan en die evangelie van Christus aan Grahamstad en omliggende dorpe te verkondig.
Meet us on facebook.